Die volgende scenario herhaal dikwels:
- Beweerde kommerwekkende gebeure van die NG Kerk is in die nuus (hetsy hoofstroom- of kerknuus)
- Besorgde Christene doen daaropvolgend navrae
- Deur die kanale van die Algemene Sinode of op plaaslike gemeente vlak word vleiende terugvoer gegee. Dit skep die indruk dat daar bloot te doen is met verdagmakery of sensasie en dat die NG Kerk eintlik gesond is en goeie toesig hou oor die leer en leef van haar predikante en opleiding van toekomstige predikante. Daar mag selfs erken word dat daar wel probleme was, maar besorgdes word verseker die probleme is aangespreek deur die Kuratorium en aangemoedig om navrae daarna te verwys.
Soos hierdie scenario keer-op-keer herhaal, tree verwarring of selfs apatie in. Wat volg is ‘n versameling video’s om agter die kap van die byl te kom. Alhoewel daar ‘n fokus op die NG Kerk is, word soortgelyke tendense wêreldwyd gevind.
Volg die YouTube kanaal by “Evangelical Platform“
Maak gerus kontak.


